Local newsNews

Chris en Barbara du Preez sal hul 50ste huweliksherdenking hierdie Vrydag vier

“Hulle is hierdie jaar op 2 Augustus 50 jaar saam en, glo my, onafskeidbaar.”

Chris en Barbara du Preez het in 1969 in die huwelik getree.

“Hulle is hierdie jaar op 2 Augustus 50 jaar saam en, glo my, onafskeidbaar. Dis ’n voorreg vir ons almal, veral ons jong generasie.

“Ons as kinders, kleinkinders, agter-kleinkinders, familie en baie vriende wil hulle voorspoed toewens vir hierdie mylpaal wat hulle bereik het en die sakke sout wat hulle saam moes opeet,” sê dogter Janita Peens.

Peens voeg by dat, “Kaalvoet oor die Drakensberge is nie vir ‘sissies’ nie en dus kan ’n mens by hulle leer om getrou aan jou maat te wees.

“Eendag sê ’n jong man vir sy oupa dat hy hom bewonder omdat hy ouma so liefhet.

“Die woorde wat hy gebruik, soos ‘my liefie, my engel, my darling’ is te kostelik.

“Sy oupa, wat baie oud is, antwoord ‘my seun, ek het lankal haar naam vergeet!’”

 Follow us on our social media platforms:

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button