Local newsNews

Bejaardes in Presidentia bederf deur Solidariteit

De Villier se: “Die bejaardes is baie belangrik vir my en baie naby aan my hart.”

Martie de Villiers, projekleier van Solidariteit Helpende Hand, Brakpan-tak, het op 19 Oktober die bejaardes van Presidentia-Oord bederf met maalvleisvetkoeke, wat deur Meat Mecca, Farmers Meat, Alet Prinsloo, Pick a Pay Springsgate, Bossie se vetkoeke, en Springbok Spar geborg is.

Solidariteit is ’n Suid-Afrikaanse vakbond wat namens sy lede onderhandel en pogings maak om die regte van werkers te beskerm. De Villiers wil die borge wat op ’n gereëlde basis produkte skenk, wat hierdie bederf moontlik gemaak het, bedank.

De Villiers sê: “Die bejaardes is baie belangrik vir my en baie naby aan my hart.

“Dit gee my baie vreugde om hulle net so bietjie te help.”

Solidariteit het op 23 September die bejaardes met kerrie en rys bederf en wil probeer om hierdie tipe voedingskemas ’n maandelikse instelling te maak.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button