Afrikaanse matrieksyfers daal
Johan Jurgens spog met 'n slaagsyfer van 100 persent, op van 2018 se 99.2 persent.
Springs se Afrikaanse matriekleerders het hard gewerk verlede jaar om hulle Nasionale Senior Sertifikate te ontvang.
Dié leerders het hul sertifikate Woensdag by die skole afgehaal.
Hoërskool Hugenote, Dr Johan Jurgens, Hoër Tegniese Skool Springs en WK du Plessis se syfers is as volg:
Hoërskool Hugenote
Van die 211 leerders wat eksament geskryf het, het 205 geslaag. Dit gee die skool ‘n slaagsyfer van 97.2 persent.
Die slaagsyfer het dus gedaal vanaf 2018 se 99 persent.
136 leerders het universiteitsvrystelling ontvang en 57 kwalifiseer om vir ‘n diploma te studeer.
Frans Styger, die skoolhoof, sê hy is bly oor die resultate en hoop sy leerders gaan hulle opvoeding nog ver vat.

Dr. Johan Jurgens
Dr. Johan Jurgens spog met ‘n slaagsyfer van 100 persent. In 2018 was die slaagsyfer 99.2 persent.
163 matrikulante het eksamen geskryf.
Skoolhoof Johan de Wit sê hy is dankbaar vir die ouers se gebede, en die hardwerkende onderwysers wie altyd bereid was om die ektra myl te loop.
Hoër Tegniese Skool Springs
Hoër Tegniese Skool Springs het ‘n slaagsyfer van 87.3 persent.
Van die 71 studente wat geskryf het, het 62 geslaag.
Die slaagsyfer het vanaf 2018 se 91.3 persent gedaal.
WK du Plessis
WK du Plessis het ‘n slaagsyfer van 63 persent behaal. Dit het gedaal vanaf 2018 se 88.6 persent.
Van die 27 leerders wat eksamen geskryf het, het 17 geslaag.



