Local newsNews

Oop harte en hande maak studietrust moontlik

Pieterse sê: “Dit is die krag van ’n helpmekaar-kultuur. Vandag word jy gehelp, môre help jy iemand anders.”

Die Helpende Hand Studietrust (HHST) sal vanjaar R43.7-miljoen beskikbaar stel waarmee ongeveer 1 300 behoeftige Afrikaanssprekende studente se studies in 2020 betaal sal word.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van HHST, is dit die resultaat van die publiek se oop harte en hande, asook 200 onafhanklike donateurs wat hul eie studiefondse deur die HHST befonds.

Die HHST is ’n platform wat Solidariteit Helpende Hand geskep het vir donateurs om behoeftige studente se studie deur middel van rentevrye studielenings in ruil vir ’n belastingvoordeel kan befonds en sodoende ’n nalatenskap daar te stel.

Rentevrye studielenings word toegestaan op die basis dat studente wat afstudeer slegs dít wat hulle geleen het terugbetaal sonder dat enige rente of administratiewe fooie gehef word.

Geld wat terugbetaal word, word weer en weer aangewend om die volgende behoeftige studente se studie moontlik te maak.

Volgens Pieterse handhaaf die HHST tans ’n terugbetalingskoers van meer as 90 persent van afgestudeerde studente wat hul rentevrye studielenings terugbetaal.

Pieterse sê: “Dit is die krag van ’n helpmekaar-kultuur. Vandag word jy gehelp, môre help jy iemand anders.”

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button