Local newsNews

Meat World vier 25ste bestaansjaar

Almal word uitgenooi na die regstreekse uitsending en optrede van die top kunstenaars.

Erfenisdag wat môre (Donderdag) gevier word gee erkenning aan die kulturele rykdom van ons land.
Suid-Afrikaners van regoor die kulturele spektrum is ook besig om hulle braaivleisvure reg te kry om môre en sommer die naweek ook ietsie op die kole te gooi.
Watter kulturele viering is dan volmaak sonder ‘n regte egte Suid-Afrikaanse braai?
Meat World vier vanjaar sy 25ste jaar sedert die eerste tak in Springs oopgemaak het en spog deesdae met 16 takke regoor die land.
Ter viering hiervan besoek RSG se Brêkfis met Derrich Meat World in Springs eerskomende Saterdag.
Die program sal regstreeks van Meat World Springs by die Springs Mark, te Paul Kruger Hoofweg, uitgesaai word vanaf 6vm tot 10vm met aanbieder Derrich Gardner en spesiale gaskunstenaars Mathys Roets, Helene Bester en Rocco de Villiers.
Almal word uitgenooi na die regstreekse uitsending en optrede van die top kunstenaars.
Alle Covid-19 reëls en regulasies sal gehandhaaf word.
Angelino Perrreira, besturende direkteur van die Meat World-groep, nooi alle Oos-Randers uit om die Brêkfis met Derrich-span en sy gaskunstenaars te gaan ontmoet.
“Meat World vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar, maar weens die Covid-19 pandemie kan ons dit ongelukkig nie behoorlik vier nie, maar ons sien daarna uit om Derrich en sy span weer in Springs te verwelkom,” het Angelino gesê.

Follow us on our social media platforms:

Twitter Instagram Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button