Local newsNews

Kersvader bring vreugde na moeilike jaar

Mense het nodig om ’n bietjie te ontspan en vreugde te ervaar.

Vir die afgelope vier jaar klim Norman Hunter gedurende Desember aand na aand in sy blou versierde bakkie en vaar die strate van Springs en Brakpan in om kinders se harte te verbly.
Die bakkie, met sy harde Kersmusiek, het ’n bekende gesig in beide dorpe geword en Norman het besluit om vanjaar nie slap te lê nie.
“Dit was ’n moeilike jaar vir almal en mense het nodig om ’n bietjie te ontspan en vreugde te ervaar,” het Norman gesê.

Also read: How to Host Christmas Lunch the South African Way

Dit is vir hom veral belangrik dat die kinders opgewonde raak, maar hy vertel dat volwassenes net soveel genot put wanneer hulle sy bakkie met die liggies gewaar.
Norman maak ook staat op donasies van speelgoed en lekkergoed wat deur Kersvader, wat elke aand saamry, aan die kinders uitgedeel word.

Also read: Kersvader bederf 44 minder bevoorregte kinders

“Dit is verbasend om te sien hoe dankbaar sommige kinders is vir die kleinste ou speeldingetjie of lekkergoed,” het hy gesê.
“Dit neem baie tyd en brandstof, maar elke glimlag wat ek sien maak alles die moeite werd.
Die publiek wat met Norman in verbinding wil tree kan hom by 072 307 3926 skakel.

Follow us on our social media platforms:

Twitter Instagram Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button