Local newsNews

Zané raap nog twee titels op

Zané is baie gemaklik op die loopplank en doen al modelwerk vanaf die ouderdom van drie jaar.

‘n 12-Jarige kind van die dorp het onlangs twee groot skoonheidstitels onder die neuse van ‘n groot aantal deelnemers opgeraap.
Zané Barnard is op 10 Oktober gekroon as Miss Pre-Teen South Africa 2021 asook Miss Pre-Teen Universe South Africa 2021.
Zané het voorheen in Springs gewoon maar het onlangs saam met haar gesin na Dalview verhuis.
Sy is steeds ‘n leerder aan die Laerskool Selection Park.
Hierdie is ‘n nasionale kompetisie, waaraan deelnemers van regoor Suid-Afrika kan inskryf.
Deelnemers het reeds vanaf Januarie ingeskryf en het daarna deur ‘n siftingsproses gegaan. Finaliste in elke ouderdomsgroep is gedurende Februarie en Maart aangewys.

Also read: The fascinating world of famo music

Die finaliste het ook elk ‘n stemkode ontvang sodat die publiek vir hul gunsteling kon stem.
Dié stemme het getel vir ‘n ekstra titel op die kroningsdag, naamlik Face of South Africa.
Voorts het die deelnemers ook gemeenskapswerk verrig en was daar onderhoude met ‘n paneel beoordelaars.
Volgens Zané se ma, Suzette Barnard, was daar in Zané se ouderdomsgroep 13 finaliste, wat uitgedun is tot ‘n top 10 gevolg deur ‘n top vyf waarna die top drie uiteindelik aangekondig is.
Die organiseerder van die kompetisie, Caroline Baldwin van Pageants SA, bied die kompetisie jaarliks aan sowel as ander kompetisies waartydens Zané ook in 2019 vyf nasionale titels verower het.
Dit het ingesluit Miss Petite Queen of the Universe, Miss Petite Queen of the World, Miss Petite Tourism , Miss Petite Africa en Miss Petite Best Model South Africa.
Zané is baie gemaklik op die loopplank en doen al modelwerk vanaf die ouderdom van drie jaar. Sy het al meer as 100 titels agter haar naam.

Also read: Sharoney se nuutste musiekvideo bekendgestel

“Maar ek skep nie my skoolwerk af nie en eendag wil ek ‘n dokter of ‘n onderwyser word want ek is regtig baie lief vir kinders,” het Zané vertel wat met ‘n akademiese gemiddeld van 95% spog.
Sy neem ook deel aan hokkie, drama en atletiek.
Zané behartig ook ‘n liefdadigheidsprojek genaamd Zané Barnard Helping Hands Project.
Haar ma vertel dat dit vir haar belangrik is om mense te help waar sy kan, veral kinders.
Sy is tans onder andere betrokke by ‘n skema waar daar op ‘n gereelde basis vir 45 kinders broodjies en ‘n lekkerny voorsien word.

Follow us on our social media platforms:

 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button