Local newsNews

Lotto-wenner kan sy geluk nie glo

Inwoner van Springs wen Lotto geld.

’n 72-Jarige inwoner van Springs het onlangs ’n groot geluk getref toe hy die korrekte nommers op sy lottokaartjie gespeel het.
Die man het aan die Advertiser vertel dat hy nie gereeld speel nie, slegs wanneer hy voel dat geluk aan sy kant is.
“Ek speel een keer in ’n paar weke,” het hy gesê.
Hy speel selde dieselfde nommers en kies gewoonlik spesiale datums soos verjaarsdae of sy troudatum.
Die man het op 15 Januarie by die SPAR in Selcourt besluit om ’n Lotto-kaartjie te koop. Hy het ergter nie gedink dat hy ’n kans staan nie, omdat daar 249 000 ander mense ook gespeel het.

Also read: New winners in the special vehicle category at the Vryburg 400

Die volgende dag het hy op die webwerf gaan kyk net om uit te vind dat hy die korrekte nommers gespeel het.
“Ek het aanvanklik gedink dat dit ’n fout is,” het die man vertel.
Hy is een van twee individue wat die korrekte nommers gespeel het. R353 136 is die bedrag wat tussen die twee wenners gedeel is, wat die 72-jarige met R176 568 in sy bankrekening laat.
Die man en sy vrou beplan om vakansie te hou in plekke soos Phuket en Vietnam.
“Ek is baie bly dat ek gewen het, maar dit het nog nie regtig in gesink nie,” het die man gesê.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button