Local newsNews

Gesin soek steeds antwoorde na man se verdwyning

“My boetie was lief vir die lewe, hy sou dit nooit gedoen het nie".

‘n Inwoner van Dal Fouché worstel die afgelope vyf jaar met die onsekerheid of haar geliefde broer nog lewe of dalk oorlede is.
Martie Greyvenstein (63) van Dal Fouche en haar gesien soek na vyf jaar steeds na antwoorde wat sal lig werp op haar broer, Johan Goosen, se verdwyning.
Volgens haar is Johan in 1960 gebore en het in Springs groot geword.
Hy het na skool besluit om sy ouerhuis te verlaat en die land te verken. Johan het na homself verwys as ‘n kind van die wind.
“Ons het oor die jare altyd kontak gehou al het ons mekaar nie gereeld gesien nie,” het Martie gesê.
Johan se noemnaam was Cheetah en dit is hoe al sy vriende hom geken het.

Also read: Lian leef voluit ten spyte van siekte

Hy het die land getoer met sy hond, AJ, van wie hy onafskeidbaar was en het plekke soos Durban en Kaapstad te voet aangedurf. Hy sou saamry geleenthede aanvaar indien iemand sou aanbied.
Martie het in Februarie 2018 agter gekom dat daar moontlik fout is omdat haar broer lanklaas kontak gemaak het en sy bankrekening nie meer gebruik was nie.
“Hy het nie ander geld gehad behalwe dit in sy bankrekening nie en die oomblik toe sy transaksies stil staan het ek geweet iets is fout,” het Martie vertel.
Daar was in 2018 ‘n nuusberig oor ‘n man wie se liggaam by die Brakpan dam gevind was.
Gerugte was dat dit Johan se liggaam was, maar Martie en haar gesin het nooit bevestiging gekry of dit wel haar broer was nie.

Also read: 18-Jarige sterf toe jy boetie probeer red

Martie weier om te glo dat haar broer tot selfdood in staat was.
“My boetie was lief vir die lewe, hy sou dit nooit gedoen het nie,” het sy gesê.
Sy beskryf hom as ‘n vriendelike man wat nog baie planne vir die toekoms gehad het.
Hy is vyf jaar gelede as vermis aangemeld.
Die gesin kan egter nie afskeid neem weens die onsekerheid oor die feit dat hy dalk nog kan lewe of oorlede is nie.
“Ek neem sy foto nou nog oral saam met my met die hoop dat iemand hom sal herken en moontlik antwoorde het waarna ons soek,” het Martie gesê.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button