Local newsNews

Deandré swem vir ‘n goeie doel

Seldsame siekte hou nie 17-jarige terug om sy doelwitte te bereik nie.

Deandré Pieterse gee nie op ongeag die klippe wat die lewe na sy kant toe gooi nie.
Die 17-jarige inwoner van Edelweiss se lewe het op ‘n jong ouderdom onherroeplik verander toe hy 2017 met orbitale sellulitis gediagnoseer is.
Dit is ‘n toestand waar sinusitis na die brein versprei en later absesse op die brein vorm. Hy moes verskeie brein operasies ondergaan en daarna by ‘n rehabilitasiesentrum aansterk waar hy weer moes leer om alledaagse take self te doen.

Deandré Pieterse het groot planne vir volgende jaar se Midmar-myl. Hy het die onlangse Midmar-myl ook met sukses voltooi.

Na maande se harde werk en intense terapie kon Deandré daarin slaag om weer te loop, lees en skryf.
Hy het besef die enigste manier wat hy uit die rolstoel sou kom en ’n normale lewe sou kon lei, was deur hard te werk.
“Sy pad na herstel was lank, maar suksesvol,” het sy ma Marialda Pieterse (46) gesê.
Vandag mag hy egter geen kontaksport beoefen nie en dit is waar hy ’n liefde vir swem ontwikkel het.
Alhoewel hy nog nie behoorlik kon swem nie en sy spiere nog swak was, het hy in 2019 sy eerste Midmar-myl aangepak en voltooi.

Also read: Swimming season is around the corner

Sy doelwit was om dit onder ‘n uur te swem en hy het sy doelwit met dié myl bereik.
In 2021 het die Midmar-myl virtueel plaas gevind maar dit het hom nie gekeer om deel te neem nie.
Hy het die eerste myl vir homself geswem en daarna ‘n tweede myl voltooi ter nagedagte aan sy oorlede oupa.
Vanjaar het Deandré aan sy derde Midmar-kompetisie deelgeneem, weereens nie vir homself nie maar hierdie keer vir kinders met outisme.
Hy het drie myl op een dag afgelê en kon daarin slaag om elke myl onder ‘n uur te voltooi.
Hy is tans ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Hugenote waar hy die swemkaptein vir vanjaar se Midmar-myl groep was.
Deandré wil die met 2023 Midmar-kompetisie agt myl aan pak en beplan om weer vir ‘n goeie doel te swem.
Hy beoog om ’n borg te kry en sodoende geld vir ‘n organisasie in te samel.
Hy stel mylpale vir homself en is reeds aan die oefen om sy doel te bereik.
“Hy is ‘n wandelende wonderwerk,” het Marialda gesê.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button