Local newsNews

Geliefde dokter sterf

Hy was alom bekend vir sy toewyding aan sy praktyk en sy dorp.

Dokter Johan Nel, wat vir meer as 40 jaar die inwoners van Springs as ‘n algemene praktisyn bedien het, is op 2 Maart op die ouderdom van 76 oorlede.
Hy was alom bekend vir sy toewyding aan sy praktyk en sy dorp.
Dokter Henry Davel en Nel het sedert 1973 skouer aan skouer by dieselfde praktyk gewerk. Hulle was ook hegte vriende.
Oor sy kollega en vriend, wie ‘n groot leemte laat, het Davel geskryf: “Ek getuig graag namens myself en ek weet ook namens baie ander in die mediese veld, wie hom goed geken het, dat Johan een van die hardwerkendste algemene praktisyns in Springs was.

Also read: Covid-19 eis geliefde apteker

“Hy het beslis gedurende sekere tye in sy loopbaan die meeste pasiënte gesien en die meeste operasies, kraamgevalle en huisbesoeke, in die aande met ‘n flitslig gedoen.
“Ongevalle dienste by die Verre Oos Rand Hospitaal, die Netcare N17 Hospitaal asook by die Life Springs Parkland na-ure, was deel van sy daaglikse werk.
“Hy was ook betrokke by verpleegsters-opleiding en ginekologie en obstetrie-dienste by die VORH.
“Vir 15 jaar het hy ‘n satellietpraktyk in Geluksdal in die aande en Sondae bedryf om ook ‘n diens daar te kon lewer en medisyne te verskaf vir pasiënte wat nie by apteke in naburige dorpe kon uitkom nie.
“Johan was nie net ‘n ywerige gholfspeler nie, maar het ook vir Pretoria Universiteit (Tukkies) rugby gespeel. Hy was baie lief vir sport veral om rugbywedstryde saam met sy swaer en goeie vriende in die mediese veld by te woon.
“Later is dit afgeskaal na Saterdagmiddae voor die televisie. Min van sy pasiënte is bewus daarvan dat hy die Pro Patria medalje asook die John Chard toekenning in die weermag verwerf het.
“Ek was bevoorreg om hom goed te geken het, nie net op professionele vlak nie, maar ook as mens. Ek het hom nooit ooit depressief gesien nie, hy het so baie kere die goed in ‘n slegte situasie gesien. Hy was nou maar net ‘n goeie mens.”

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button