Local newsNews

Sibbe ryg die modeltitels in

Hulle het elkeen op 'n jong ouderdom 'n passie vir modelwerk ontdek.

Melissa Nell
melissa@caxton.co.za

Wanneer Marycke Smuts (44) se drie kinders ‘n voet op die loopplank sit, is dit gewoonlik met welslae.
Dié trotse ma was onlangs oorstelp van vreugde toe elk van haar drie talentvolle kinders ‘n titel tydens ‘n modelkompetisie ingepalm het.
Die gesin woon in Selcourt en Marycke het besluit om haar drie kinders, wat daarvan hou om modelwerk te doen, in te skryf om aan vanjaar se Tourism SA kompetisie deel te neem.
Die jongste is nege-jarige Melanie Roodt. Sy het in die petite kategorie vir ouderdomme sewe tot nege deelgeneem en die titel verower.

Also read: Help model to triumph in beauty pageant

“Ek was baie bly toe ek hoor dat ek gewen het,” het Melanie gesê.
Sy is tans ‘n graad vier leerder aan Laerskool Selectionpark waar sy ook aan hokkie en atletiek deelneem.
Alhoewel sy nog jonk is, beoog sy om naskool haar passie vir modelwerk voort te sit met die hoop om eendag ‘n loopbaan daaruit te maak.
Megan Roodt (12) het in die pre-teen kategorie deel geneem waar sy eerste plek behaal het.
Dit was wel nie Megan se eerste titel nie maar dit was vir haar baie spesiaal om saam met haar broer en suster met dié titel weg te stap.
Sy is ook in Laerskool Selectionpark waar sy tans in graad sewe is en hokkie as sport beoefen.
Megan wil graag oorsee reis vir haar modelwerk en is nie van plan om haar passie vir die lopplank prys te gee nie.
Willie Smuts is 16 jaar oud en het die algehele Mr Tourism SA titel gewen.
Hy het in die ouderdomsgroep 16 tot 26 jaar deel geneem.

Also read: Another win for local model

Hy is tans ‘n leerder aan Hoërskool Hugenote. Willie het sy liefde vir modelwerk op 10-jarige ouderdom ontdek en glo vir sy ma gesê dat hy eendag self vir sy studies wil betaal met die geld wat hy deur modelwerk maak.
Willie het reeds al verskeie titels beklink en beoog om eendag aan die Mnr Wêreld-kompetisie deel te neem.
“Ons het nie vir een oomblik gedink dat ons met drie titels huis toe sou kom nie, maar ons is baie dankbaar,” het Marycke gesê.
Die kinders is al jare lank deel van Younique Model Academy wat in Boksburg geleë is. Hulle woon weekliks ‘n klas by om hulself te bevorder.
Die drie het dus gekwalifiseer om aan Mr en Miss Teen World deel te neem wat in Mei in Turkye plaas sal vind maar hulle het besluit om nie te gaan nie.
Die volgende kompetisie waaraan hulle gaan deelneem is Mr & Miss Africa. Dit vind op 2 April in Pretoria plaas.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button