Senior inwoners verken Heidelberg
Die groep seniors, wat onlangs Heidelberg verken het, het baie interessante feite oor die dorp geleer.
HEIDELBERG – ‘n Groep inwoners van die Esda-aftreeoord in Springs het op 19 Mei ‘n toer deur Heidelberg onderneem.
Die toer was onder leiding van die geregistreerde toergids Jaco Martins. Die senior inwoners het die toer afgeskop by die Klipkerk.
“Ons was vriendelik ontvang by die kerk,” vertel Martie du Preez wat deel van die toergroep was.
“Ons het met verwondering na die ou kerk gekyk en was verras met ‘n kort orrelspel.”
Verskeie nostalgiese staaltjies was ook aan die toergroep vertel.

“Ons het ook baie interresante feite oor die kerk geleer,” sê Du Preez.
“Soos dié dat die toring van die Klipkerk in 1909 geval het en herbou was.
“’n Brand het ook in 1967 in die kerk ontstaan met baie skade aan die gebou, kerkbanke en die orrel.”
Die groep was meegedeel van die bekende prokureursfirma Viljoen en Meek wat bykans honderd jaar oud is.
Die moontlikheid bestaan dat die firma een van die oudste prokureursfirmas in die ou Transvaal was.
Die volgende op die program was ‘n besoek aan die ou tronk waar waardevolle inligting verskaf was deur Tony Burisch.
Also read: Esda Frail Care Centre extends a hand of friendship
“Gelukkig kon die toergeselskap sonder enige probleme vrygelaat word en die tronk verlaat,” grap Du Preez.
Die toergroep het verder met ‘n bussie deur die dorp gereis waar daar vir hulle gereeld interesanthede oor die dorp uitgewys is.
“Ons het byvoorbeeld geleer dat Heidelberg vernoem is na Heidelberg in Duitsland deur die stigter van Heidelberg, Heinrich Ueckermann wat ook afkomstig was van Heidelberg, Duitsland,” vertel Du Preez.
“Die Methodiste kerk was ook aan ons uitgewys en die woning van die eerste landdros van Heidelberg, Landdros FK Maree op die hoek van Ueckermann en Strydomstrate.”
Vir die toergroep was die hoogtepunt van die dag, die Heidelberg Heritage Museum.
“Bouwe Wiersma het die aanwesiges van die geskiedenis van die ou stasie en Heidelberg vertel,” sê Du Preez.
Die groep meen dat hul verkenning van die historiese dorp interessant was en dat hulle dit vir baie jare sal onthou.
“Ons wil graag ons waardering uitspreek aan almal wat bygedra het tot die dag,” sluit Du Preez af.
Follow us on our social media platforms:





