Local newsNews

Marno steeds kritiek

Vinnige Voetjies daag ander kleuterskole uit om geld vir Marco in te samel.

“My kind lewe nog en dit is al wat belangrik is.”
Dit is die woorde van Helga Muller (39), ma van die vyfjarige Marno, wat sedert voor-verlede Donderdag in ’n kritieke toestand in die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg is.
Dit volg nadat die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het terwyl die kind by sy kleuterskool in Brakpan glo by ‘n glyplank afgegly het.

Vinnige Voetjies Kleuterskool het ‘n groot bedrag kontant geskenk om te help met Marno Muller se mediese uitgawes.

Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het.
Helga, wat in Dersley Park woon, het Maandagoggend aan die Advertiser gesê dat haar kind steeds om sy lewe veg.
Sy het vertel dat daar Vrydagmiddag ’n terugslag was toe Marno se regter long platgeval het.
“Die hospitaal het ons voorberei daaop dat daar wel terugslae sal wees maar hoe kan ‘n mens jouself ooit voorberei vir so iets?” het Helga gesê.
Volgens haar het Marno ook ‘n virale infeksie opgedoen wat meer druk op sy longe plaas.

Also read: Springs seun sing saam met Gerhard Steyn

“Hy het bloedoortappings ontvang,” het Helga gesê.
Sy en Marno se pa, Rudi, besoek hul kind so dikwels as wat hulle kan.
“Wanneer ek nie by my kind kan wees nie is hy al waaraan ek dink. Ons word gedra deur soveel mense wat omgee en daarvoor is ons baie dankbaar,” het Helga gesê.
Sy het Vrydagoggend ‘n kontantskenking van Vinnige Voetjies Kleuterskool in Selection Park ontvang.
Die kleuters het elk R5 betaal om blou aan te trek ter ondersteuning van Marno.

Marno Muller is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

“Benewens dié R5-donasies het sommige ouers hul hande ook diep in hul sakke gedruk,” het Nicolette Evans, eienaar van dié kleuterskool, gesê.
‘n Emosionele Helga het van die skool af na die hosptiaal vertrek om haar kind te besoek en die geld wat ontvang is, aan die hospitaal oor te betaal.
Die graad R-leerders van die Laerskool Pam Brink het ook hul ondersteuning gewys deur die blou strikkie-projek, ten bate van Marno se mediese uitgawes, te ondersteun.
Beide die skole het ander skole en kleuterskole van die dorp uitgedaag om ook betrokke te raak.

Elandri Strauss van Vinnige Voetjies Kleuterskool het die strikkie-projek ondersteun.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button