Tweeling vaar goed by SAs
Ruan en Luan neem deel van Suid-Afrikaanse Biathle Kampioenskappe.
Tweeling Ruan en Luan Strydom van Dal Fouche het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Biathle-Triathle Kampioenskappe deelgeneem.
Luan het ’n 10de plek behaal, met sy broer Ruan kort op sy hakke in die 11de plek.
Die byeenkoms het op 28 Mei by Somerset College in Somerset-Wes in Kaapstad plaasgevind.
Die broers het in April vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gekwalifiseer toe hulle by die Gauteng Kampioenskappe ’n vierde en vyfde plek losgeslaan het.

Luan vertel dat dit vir hom lekker is om saam met sy broer aan die sport deel te neem.
“Dit dien as motivering om saam te oefen.” het hy gesê.
Die tweeling beskryf die individuele sport as ‘n kombinasie van twee van hul gunsteling sportsoorte. Die item bestaan uit 800m hardloop, 100m swem gevolg deur ‘n 800m hardloop.
“Dit was uitdagend en harde werk, maar ons besef dat ons elke jaar harder moet werk om die beste te wees,” het Ruan gesê.
Also read: Deandré swem vir ‘n goeie doel
Beide Ruan en Luan het op die ouderdom van sewe met dié unieke sportsoort begin.
Hulle oefen tans ses dae per week met hul pa, John Strydom (59), as hul afrigter.
“Ons is baie trots dat hulle hul talente ontwikkel en gebruik. Ek is baie positief oor hulle toekoms,” het John bygevoeg.
Ruan en Luan is tans graad agt leerders aan Hoërskool Die Anker waar hulle ‘n verskeidenheid sportsoorte deelnneem. Hulle beoefen tans atletiek, swem en hokkie.

“Ons sal baie graag weer aan SA’s wil deelneem. Dit is ‘n geleentheid om teen die beste in Suid-Afrika deel te neem en ons ontmoet nuwe mense en maak nuwe vriende,” het Ruan gesê.
Altesaam het hulle al ses keer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gekwalifiseer en twee keer vir die wêreldkampioenskappe. Vanjaar was die eerste agt atlete gekies en op teen die beste van die wêreld deel te neem.
Follow us on our social media platforms:





