Marno sterk nou tuis aan
Daar sal ook maandelikse opvolg besoeke aan die Netcare Garden City Hospitaal wees.
Dit gaan goed met Marno Muller (5) die, seuntjie wat op 26 Mei by sy kleuterskool gewurg het en vir wie se lewe daar op ‘n stadium gevrees was.
Hy is verlede Woensdag uit die hospitaal ontslaan en sterk nou tuis aan.
Sy ma, Helga het Dinsdag aan die Addie gesê dat dit goed gaan met hom en dat dit ‘n groot verligting is dat hy by die huis is. Hy sal vir ‘n wyle steeds fisio-, spraak-, en arbeidsterapie moet ondergaan en daar sal ook maandelikse opvolg besoeke aan die Netcare Garden City Hospitaal wees.
Marno het by sy kleuterskool in Brakpan by ‘n glyplank afgegly, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het. Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het.
Also read: Marno is by die huis!
“Vir die nabye toekoms gaan hy eers by my bly sodat ek sy vordering kan dophou,” het Helga gesê.
“Ek sal dit slegs oorweeg om hom weer na ‘n kleuterskool te laat gaan op aanbeveling van sy dokters en terapeute,” het Helga gesê.
Sy vertel dat hy dit geniet om speletjies op sy tablet te speel en sy eetlus het ook heeltemal na normaal terug gekeer.
“Hy eet eintlik nou meer as voorheen. Ek dink hy maak op vir die ongeveer drie weke wat hy nie kon eet nie,” het Helga gesê.
“Hy word nog steeds moeg en hy kan byvoorbeeld nie vinnig trappe klim of spring nie.”
“Daarom is dit belangrik dat hy weekliks sal voortgaan met die terapie wat aanbeveel is,” het Helga gesê.
“Maar my kind is by die huis en daar is geen breinskade nie.
“Ons het baie om voor dankbaar te wees,” het Helga gesê.
Follow us on our social media platforms:





