40-jaar oue kaktus blom buite seisoen
Aanskou skaarse verskynsel met blomme wat buite seisoen blom.
Mense kan nie help om twee keer te kyk wanneer hulle verby Marthie Matthee se woonplek in die Paul Kruger Oord ry nie
Sy het besondere mooi kaktusse wat reeds in haar tuin was toe sy by haar huis ingetrek het. Dié plante dra nou weer blomme, waarskynlik weens die hewige reën van die afgelope tyd.
“Gewoonlik blom hierdie besondere mooi kaktusse in September, maar hulle het hierdie jaar weer in Desember geblom,” vertel Marthie.
Die blomme hou gewoonlik net een of twee dae, daarom wanneer dit blom is dit ‘n vlietende maar pragtige verskynsel.
Marthie is trots op haar kaktusse, wat al vir meer as 40 jaar in haar in haar tuin pronk en floreer.
Meeste mense sukkel om ‘n kaktus of vetplant vir ‘n paar maande aan die lewe te hou. Vier dekades is beslis ‘n prestasie.
ALSO READ: AFM Church gives back to Jabes Care Centre
ALSO READ: Springs Scouts collect lids and tags for the Sweetheart Foundation





