Springs Rugbyklub skop seisoen met ‘n wen af
Dit was die klub se eerste vriendskaplike wedstryd van die jaar.
SPRINGS – Die Springs Rugbyklub het die seisoen op ‘n hoë noot afgeskop in die eerste vriendskaplike wedstryd van die jaar wat op Saterdag gespeel is.
Die rugbyklub het die Khosa Rugbyklub van Krugersdorp tuis aangepak en die wedstryd met 48-12 gewen.
Verskeie nuwe spelers was ingespan deur afrigter Ockert Brits en almal het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt.
Springs het agt drieë in die wedstryd gedruk. Francois Prinsloo (onderkaptein) en Zack van Loggerenberg het elk twee keer agter die doellyn gekuier.
Ian Wirths, Sweef Potgieter, Shaun Mastane en André Smith (kaptein) het elk ook ‘n drie gaan druk. Brandan Hewitt en Henry Pike het elkeen twee drieë verdoel.
LEES OOK: Cancer survivor shares his story at awareness event
Prinsloo speel al 13 jaar vir Springs Rugby en agt jaar vir die eerste span.
Nuwe spelers wat vir Springs uitgedraf het was Erik Ruthven (Nigel), Brian Phiri (Zimbabwe) en Henry Pike (Boksburg). Terug in die span was Klaas van Wyk.
Die span was: 1 Klaas van Wyk, 2 Ian Wirths, 3 Armandt Jordaan, 4 Francois Fourie, 5 Erik Ruthven, 6 Pieter Nel, 7 C Jay Strauss, 8 Francois Prinsloo, 9 Brian Phiri, 10 Brandon Hewitt, 11 Sweef Potgieter, 12 Henry Pike, 13 Johan Zondagh, 14 Shaun Matsane, 15 André Smith.
Reserwes: 16 Mandla Plumstead, 17 Tiaan Boshoff, 18 Nathan Nel, 19 Zach van Loggerenberg20 Rourke Lyte Mason, 21 Zain Janse van Rensburg, 22 Thabo Tau, 23 Thinus Ueckermann24 Schalk O Callaghan, 25 Gerhard Jordaan.
Springs se o21 span het ‘n weghol oorwinning van 60-22 teen Khosa behaal.








