Local newsNews
Publiek ondersteun ook langs die veld
Die gemeenskap het in groot getalle opgedaag om die rugbydag te ondersteun.
Springs Rugbyklub se rugbydag wat Saterdag ter viering van die klub se 100ste bestaansjaar plaasgevind het, is goed ondersteun.
Benewens skouspelagtige rugby was daar ook verskeie stalletjies en gebeurtenisse wat plaasgevind het.
‘n Veiling is onder andere gehou om geld in te samel vir Jamie Campbell (Springs rugbyspeler) wat ‘n besering opgedoen het, enkele dae voor die rugbydag.
Fondse wat ingesamel is sal aangewend word om van sy mediese onkostes, terwyl hy in die hospital was, te dek.
DJ Bees (Hennie Nel) het almal vermaak met sy musiek en het ook as veiling meester opgetree. Die skare het hand in die sak gesteek om Campbell te help.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










