Hugenote alteet verwerf derde plek by SA kampioenskappe
Die matrikulant het sy droom bereik deur nege maande se harde werk en toewyding.
Dean Muller, ‘n matrikulant aan die Hoërskool Hugenote, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe (SASA) deelgeneem.
Die kampioenskappe het vanaf 2 tot 5 April by die Germiston Stadion plaasgevind. Dean het aan die seuns o19 110m hekkies, 200m sowel as aflos deelgeneem.
Na ‘n uitstekende atletiekseisoen het dié atleet seker gemaak dat al sy harde werk vugte afwerp toe hy tydens die SA’s ’n derde plek behaal het in die finaal van die 110m hekkies met ‘n tyd van 14.51.
Dean en sy atletiekafrigter, Mark Oberholzer, het reeds in Julie 2022 begin met voorbereiding vir 2023 se SASA.
ALSO READ: A wealth of knowledge awaits
Atletiek is ‘n sport wat baie toewyding vereis van die atleet, en Dean het in Julie 2022 ‘n boodskap aan sy afrigter gestuur waarin hy gesê het hy wil graag SAs toe gaan.
Met baie harde werk, toewyding en ondersteuning van sy ouers en afrigter het Dean daardie doelwit ‘n werklikheid gemaak.
“Ek dink eerlikwaar dat dié ‘n prestasie is waaroor Springs as ‘n gemeenskap kan trots wees. Een van ons eie het hierdie merkwaardige uitslag behaal,” het Dean se pa, Deon, gesê.
Dean beoog om na matriek steeds atletiek te behoefen.




