Oppiland Fees naweek is hier
Dertig kunstenaars gaan deur die loop van die naweek optree.
Die feesterrein van Die Oppiland Fees wat dié naweek (26 tot 28 Mei) by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs aangebied word is oorgehaal vir aksie.
Die organiseerders is ook gereed om vir die feesgangers ‘n onvergeetlike naweek aan te bied.
Behalwe vir meer as 30 kunstenaars sal daar oor die naweek ook heelwat ander aktiwiteite wees.
“Ons kuns- en vlooimark beloof om iets vir almal, oud en jonk, se smaak te bied,” het feesdirekteur Frans Swart verduidelik.
“Daar is vanjaar ook ‘n ook ‘n tentsaal en verskeie ander binnenshuise lokale vir stalletjies,” het Swart gesê.
Op 26 Mei kom die rockers aan die beurt met onder andere Francois van Coke, Tasché, Martin Bester, Van Kose en Ouderdoos.
Op 27 Mei is dit Afrikaans met die room van Afrikaanse kunstenaars soos Jan Jan Jan, Chris Chameleon, Koos Kombuis, Sonja Herholdt, Jan Rhaap, Deon Groot en vele meer.
Op 28 Mei is dit Gospel en Country met West, Die Broers, Bernice West, en Hunter Leite
As bonus produksie word Liewe Heksie vir die kleingoed op 27 Mei aangebied.
Dan gaan die rofstoeiers van WHA Wrestling op Saterdag en Sondag sake uitspook
Swart sê dat daar ook heelwat aktiwiteite vir die kinders aangebied gaan word.
“Daar gaan ’n kinderarea wees waar ouers hulle kinders in veilige bewaring kan laat met heelwat aktiwiteite soos springkastele, TV-speletjies, gesigverwers en meer.”
Aanlynbesprekings vir kaartjies kan steeds gedoen word by by www.LTickets.co.za of skakel 011 815 3000.