Local newsNews

VLU lede leer en kuier

Die lede het onder meer geleer hoe om 'blooming onions' in 'n lugbraaier te maak.

Die Springs tak van die VLU het onlangs hul maandelikse vergadering gehou waartydens die lede onder meer ‘n interessante demonstrasie oor die gebruik van ‘n lugbraaier kon geniet.

Formaliteite is afgehandel en ‘n fondsinsamelingsprojek in die vorm van ‘n kleiduifskiet kompetisie is ook aangekondig.

Hierdie fondsinsameling is vir die VLU se kongres wat op 30 en 31 Augustus sal plaasvind.

Die kompetisie items wat lede vir Meimaand kon inskryf was: gebak (‘n mikrogolf sjokeladekoek), lekkers (klapperys), hekel of brei item (‘n mandjie), fotokompetisie tema (‘n ou gebou of murasie), die blommeranskikkings moes uit groente en vrugte bestaan, en die herwinningsitem was om blikke te herwin.

Lede skryf maandeliks items in volgens voorafbepaalde temas wat dan beoordeel word.

Follow Us: FacebookTwitterInstagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button