Local newsNews

Moontlike watertekort gaan Oppiland Fees nie beïnvloed

Die organiseerders is positief dat daar nie probleme gaan opduik nie.

Die moontlikheid van ‘n watertekort in Springs oor die naweek gaan nie die Oppiland Fees beïnvloed nie.

Dié versekering is gegee deur die organiseerder en feesdirekteur, Frans Swart.

‘n Verklaring hieroor is deur die organiseerders, Lefra Produksies, uitgereik en dit lees soos volg:

“Na aanleiding van verskeie berigte oor watertoevoer in die Springsarea gedurende die Oppiland Fees wat beplan word vanaf 26 tot 28 Mei, wil Lefra Produksies en die Stable Inn Konferensiesentrum (bymekaarkom plek) die volgende onder feesgangers se aandag bring:

• Volgens ‘n verklaring deur die Rand Water Raad en die Ekurhuleni metro, gaan water steeds op grootskaal aan die verskillende reservoirs verskaf word in hierdie week. Dit is duidelik aan munisipaliteite gemaak dat hulle hul reservoirs moet vol maak. Solank daar water in die reservoirs is, sal daar nie ‘n probleem met watertoevoer wees nie.

• Al die Stable Inn Konferensiesentrum se toilette, badkamers en kamers word bedien met boorgatwater en dus sal enige watertoevoer probleem geen invloed hê op Stable Inn en die Oppiland Fees nie.

• Die Ekurhuleni metro het ook aangedui dat indien daar enige waterprobleme sou opduik, sal hulle watertenkers stuur na die areas sonder water.

“Ons het alles onder beheer en sal alternatiewe planne beraam indien nodig,” het Swart gesê.

“Op hierdie stadium is ons egter baie positief dat daar nie ‘n waterprobleem by ons fees gaan opduik nie. Die feit dat al Stable Inn se toilette en badkamers reeds deur boorgat water bedien word, is klaar ‘n gerusstelling dat feesgangers hulle nie oor enige waterprobleme hoef te bekommer nie.”

Kry meer inligting oor die fees by www.oppiland.co.za



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button