Local newsNewsSchools

Hugenote matrieks ryg die onderskeidings in

Die skool het besonder goed presteer in terme van die aantal leerders wat onderskeidings ontvang het.

Altesaam 15 matikulante van die Hoërskool Hugenote het daarin geslaag om drie of meer onderskeidings te behaal in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen (NSS) van 2023.

Twee leerders, Alexia Vermeulen en Clarissa Jager het elk sewe onderskeiding los geskryf en Corne Kotze het ses onderskeidings agter sy naam.

Dié matrikulante het Vrydag saam met derduisende ander, wat hul eksamen in 2023 afgelê het, uiteindelik hul uitslae ontvang.

Die hoof van Hoërskool Hugenote, Frans Styger, is baie tevrede met die skool se matriekuitslae. Sy personeel en matrikulante het hard gewerk.

“Hierdie groep leerders was in ‘n benarde posisie tydens die Covid-epidemie, maar het steeds bo verwagting goed gevaar. Dit maak my geweldig trots,” het hy gesê.


Related Articles

 
Back to top button