Local newsNews

Toekennings stroom in vir Hoërskool Hugenote

Die Hoërskool Hugenote is die top skool in Oos-Gauteng.

Die Hoërskool Hugenote het vanjaar weer behoorlik uitgeblink by die Gauteng-Oos Distriktoekennings wat op 9 Februarie by Stable Inn plaasgevind het.

Hier is Hoërskool Hugenote aangewys as die top skool in Oos-Gauteng vir 2023 en staan op die podium bo 58 ander skole.

Hugenote het ook die toekenning ontvang vir die skool in Oos-Gauteng met die meeste baccalaureus graad toelatings deur matrikulante verkry.

‘n Totaal van 130 uit 176 matrikulate geniet tans universiteitstoelating. Hester van Aswegen is aangewys as top onderwyser vir tegniese wiskunde met ‘n 100% slaagsyfer vir 2023.

Frans Styger, wat al vir 18 jaar as skoolhoof dien, het sy tevredenheid beklemtoon.

“Dit wys dat die personeel harde werk insit met die akademiese verpligtinge. Dit is tog waaroor ‘n skool gaan,” het hy verduidelik.

By die geleentheid is drie van Hugenote se matrikulante aangewys as die top studente in ‘n vak. Dillian Bach vir dramatise kuns, Alletta van der Merwe vir Engels eerste addisionele taal en Alexia Vermeulen vir Afrikaans huistaal en rekenaartoepassingstegnologie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button