Local newsNews

Onderwyseres hou PAM Brink se naam omhoog

Megan Wiggill het haar skool se naam hoog gehou by vanjaar se Gauteng Distrik Onderwys en Ondersteuning Toekennings.

Megan Wiggill het vanjaar Laerskool PAM Brink se naam omhoog gehou tydens die jaarlikse Gauteng Distrik Onderwys en Ondersteuning Toekenningseremonie.

Die geleentheid het 27 Februarie by die Springs Burgersentrum plaasgevind en dit is hier waar Megan ‘n rits toekennings opgeraap het.

Sy het weggestap as administrateur van die jaar, tegniese beampte van die jaar, afrigter van die jaar en het ook ‘n toekenning ontvang vir die ontwikkeling van skaak.

“Dit was baie onverwags. Ek was heel onkant gevang met al die toekennings,” het Megan vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button