Local newsNews

VLU geniet propvol program

Die voormalige voorsitter Sankie Jordaan het ook die leisels aan Louise Fourie, die nuwe tak-voorsitter oorgegee.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou Unie het verlede Woensdag by die AGS Fonteinedal kerksaal vergader waar die lede ‘n propvol program geniet het.

Maryna Marais het wenke oor styl en kreatiwiteit van serpe met die vroue gedeel. Sy het onder meer gedemonstreer hoe ‘n eenvoudige serp baie elegant ingespan kan word.

Daarna is die lede deur Jasmine en Keagan Bradley vermaak. Die toekennings wat lede ontvang tydens die onlangse konferensie van die VLU is ook aan die lede oorhandig.

Die voormalige voorsitter Sankie Jordaan het ook die leisels aan Louise Fourie, die nuwe tak-voorsitter oorgegee.

Louise het vertel sy is baie opgewonde is om haar stempel as voorsitter van die Springs-tak af te druk.



ALSO READ: Egpaar sal altyd trotse Suid-Afrikaners wees

ALSO READ: Sip ‘n Cro crochet marathon for charity

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button