Local newsNews

Loekie laat groot leemte

Loekie se gedenkdiens is op 20 April in die Evangelie kerk te Pretoria gehou.

Die rugbyheld Lucas Grobler alombekend as Loekie is op die ouderdom van 60 jaar oorlede. Loekie het na bewering ‘n beroerte gehad en geval, waartyends hy vermoedelik ‘n kopbesering opgedoen het.

Hy was vir dae lank in Steve Biko Hospitaal, Pretoria se intensiewe sorgeenheid waar hy op 4 April oorlede is.
Kort na Loekie se afsterwe het talle oud-rugbyspelers op sosiale media hulde aan hom gebring.

Honderde het staaltjies oor hul rugby dae saam gedeel. Alhoewel dié rugbyheld vir sy uitstekende skoppe bekend gestaan het, word hy deur sy oud-spanmaats as ‘n ‘man met ‘n hart van goud’ beskryf.

Loekie is in 1964 in Limpopo gebore waar hy ‘n groot deel van sy grootword jare spandeer het. Die Grobler gesin het later in sy skoolloopbaan na Springs verhuis.

Loekie het aanvanklik as senter vir Hugenote Seuns Hoërskool se eerste span uitgedraf maar is later na die heelagter posisie geskuif waar hy sy spoed ten toon kon stel.


LEES OOK: Crime and winter: ‘Criminals are not afraid of the cold’ 


Hy het in die nommer vyftien-trui floreer en het in sy matriekjaar vir die Oos Transvaalse Skole Rugby span gekies om aan die Danie Craven Week deel te neem. Hier is hy toe vir die Suid- Afrikaanse Skole Rugby span gekies.

Hy het in 1982 aan Hugenote Seuns Hoërskool matrikuleer en sy passie vir rugby selfs ná skool voortgesit.

Hy het ondermeer vir die Springs Polisie, Noord- Transvaal en Noord-Vrystaat gespeel. Hy het onder andere al saam rugbyhelde Naas Botha, Rudolf Straeuli en Johan Heunis uitgedraf.

Loekie word nie net onthou as ‘n skitterende rugbyspeler nie, hy was egter ook ‘n geliefde pa en oupa.


Loekie se innoverende spel het daartoe gelei het dat hy vir die Suid- Afrikaanse Skole Rugby span gekies is.

“My pa se balvaardighede was uitstekend en hy was met ‘n natuurlike talent geseën,” het sy dogter Lucia Crampton (34) aan die Springs Advertiser vertel.

“My pa was ongelooflik talentvol, sonder dat hy dit besef het. Sy balvaardighede het egter nie op die rugbyveld gestop nie maar hy was ook ’n kranige krieket en gholfspeler.”

Lucia meen egter dat rugby sonder twyfel sy gunsteling sportsoort was. Alhoewel Lucia sy enigste kind is, vertel sy dat haar pa graag ’n seun ook sou wou hê.

Loekie het twee kleinkinders wat glo hulle oupa se sport gene geërf het. Lucia beskryf haar pa as ’n nederige en liefdevolle man.

Sy erken dat sy by vere haar pa se lag die meeste gaan mis. Loekie se gedenkdiens is op 20 April in die Evangelie Kerk te Pretoria gehou.

Related Articles

 
Back to top button