Local newsNews

Die Biltong Tjommas maak naam

Jag is een van vele dinge wat die Du Plessis broers geniet om saam te doen.

Om van ‘n jong ouderdom af al ‘n besigheid aan die gang te hê sit nie in enigeen se broek nie, maar wel in die tweeling Daniel en Joshua du Plessis s’n.

Die Biltong Tjommas is gebore nadat dié tweeling in 2022 vir die eerste keer gejag het, en hul ouers gou besef het dat dié stokperdjie hulle nog baie geld uit die sak gaan jaag.

Deesdae is die Biltong Tjommas by al wat ‘n fees is, te siene. Hulle verkoop onder meer biltong, droëwors, kabanossi, chilli bites en nou ‘n biltongsous ook.

Die 12-jarige Daniel en Joshua van Strubenvale skiet die meeste van die diere vir hul vleis self, maar wanneer hulle akademiese verpligtinge al hulle aandag verg, dwing dit hulle soms om tog wildsvleis aan te koop.

Die seuns jag gewoonlik saam met hulle pa, Ruan (38). Hulle help met die slag van die bokke en dan word die vleis by ‘n slaghuis bewerk en gehang.

Ongeag van hulle ouderdom het die hulle het ook baie goeie geweer kennis en skiet glo met enige kaliber geweer van ‘n .270 of ‘n .30-06.


Joshua, Daniel en Benjamin du Plessis.

Hulle het al onder meer Rooibokke, Blouwildebeeste, Sebras, Blesbokke en varke geskiet, om net ‘n paar te noem.

Volgens die gesegde maak vele hande ligte werk en daarom is kleinboet, Benjamin (7) ook deesdae deel van die Biltong Tjommas.

Hy het self al twee bokke geskiet om by te dra tot die vleis wat verkoop moet word. Volgens sy ma, Brigit (36) is hy is baie goeie verkoopsman, ongeag van sy ouderdom.

“Hy werk sommer self met die Yoco masjien,” voeg sy by.

Die Du Plessis broers se gunsteling feeste waar hulle al uitgestal het was by Heidelberg se Velliefees en verlede jaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekenningsaand wat in Pretoria plaasgevind het.

Hier het hulle talle beroemdes ontmoet waarvan Appel en Eloff glo hulle gunsteling was. Klein Benjamin sê hy sal nog graag vir Brendan Peyper wil ontmoet.

“Ons is eintlik bietjie skaam om met hulle te praat, ons vra gewoonlik net of ons ‘n foto saam met hulle kan neem,” het Daniel gesê.

Die Biltong Tjommas het baie staaltjies om te vertel van al die mense wat hulle al by feeste teëgekom het.

Hulle erken dat hulle soms nog bietjie skaam is om vreemde mense te nader om die biltong te proe.

“Party mense is soms ook lelik met ons of hulle ignoreer ons net,” sê Joshua en voeg by, “Ons los hulle dan net uit en fokus op die volgende moontlike kliënt.”

Sedert 2022 het die Biltong Tjommas baie gewild onder feesgangers geword en deesdae word hulle sommer uitgenooi na feeste toe.

“Baie keer vra die mense vir ons waar ons winkel geleë is. Mense hou van die wildsvleis omdat dit so skaars is,” vertel Brigit.

Feeste wat vanjaar nog vir hulle voorlê is Outdoor X, Oppi-plaas, die Jopie Fees en Kragdag om net ‘n paar te noem. Dié jong besigheidsmanne was selfs al op die radiostasie Pretoria FM om te gesels oor hulle wildsvleis.


ALSO CHECK: Everest woman, uncle are charged for staging own kidnapping


Hulle is ook deel van die Maak my ‘n Miljoenêr kompetisie nadat Afriforum hulle gekontak het om vir die Besigheidsbytjies kompetisie in te skryf. Die wenners sal in Junie aangekondig word.

Met die jagseisoen wat om die draai is, is die Du Plessis broers opgewonde om weer die bosveld te betree en sodoende hulle voorraad op te bou vir opkomende feeste.

“Na hoe meer feeste ons toe kan gaan, hoe meer voorraad kan ons verkoop en geld maak sodat ons weer kan gaan jag,”

Die Biltong Tjommas beoog om hulle eie biltongwinkel in Selcourt oop te maak en sodoende later ‘n slaghuis te begin.Dit is die broers se toewyding en liefde vir jag wat die Biltong Tjommas uniek maak en hulle slagspreuk –

“Jou buffels vir ons bokke” wat die koppe laat draai.

Related Articles

Back to top button