Local newsNews

Springs VLU vier 40 jaar

Die VLU het Saterdag hulle 40ste bestaansjaar met 'n stylvolle oggend gevier.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-unie het Saterdag hul 40ste bestaansjaar in styl gevier.

Die spoggeleentheid het by Dr WK du Plessis se skoolsaal plaasgevind waar meer as 200 gaste in die vreugde kon deel.

Die tema van die feesviering was ‘Leef in volkleur’ en die saal het beslis daarvan gespeek met kleurvolle servette en ballonne.

Daar was ook talle uitstallers met ‘n verskeidenheid produkte van juweliersware tot lekkernye.


Gasspreker Anné Blom saam met voorsitter Louise Fourie en oud-voorsitter Sankie Jordaan.

Die gaste het ‘n propvol program geniet. Ds Francois Gouws van NG Kerk Springs-Oos het die oggend geopen met skriflesing en gebed.

Daarna is die gasspreker Anné Blom aan die woord gestel.

Anné het die gaste toegespreek oor die verskillende seisoene in mens se lewe. “Leef in vol kleur en geniet elke seisoen in jou lewe,” het sy gesê.

Anné meen dat daar altyd iets mooi in jou lewe is, selfs in mens se donkerste seisoen. Later is daar dieper gedelf in die geskiedenis van die Vroue Landbou Unie.


Anné Blom het die vroue bemagtig met ‘n opbouende toespraak.

Alhoewel Springs se tak eers in 1984 gestig is, bestaan hierdie organisasie al vir 99 jaar en bemagtig steeds vroue.

Die Springs-tak ag gemeenskapsprojekte van belang en beoog om minderbevoorregtes in die gemeenskap by te staan.

Die stylkonsultant, Sandra Taljaard het ook ‘n spreekbeurt gekry en van die geleentheid gebruik gemaak om die vroue meer van serpe te leer.

Die voorsitter van die Springs-tak, Louise Fourie het haarself goed van haar taak gekwyt en die suksesvolle oggend met ‘n heerlike ete afgesluit.


Related Articles

Back to top button