Local newsNews

Tennisspelers geniet Wimbledon-dag

Die Wimbledon dag was Saterdag by die klub in Selectionpark gehou.

Terwyl die vroue- en mansfinaal van Wimbledon die afgelope naweek afgehandel is het die Selection Park Tennisklub self in die gees gekom en Saterdag ‘n vriendskaplike kampioenskap, genaamd Wimbledon, aangebied.

Klublede het in wit, groen en pers opgedaag; gereed om mekaar die stryd aan te sê. Die lede was in spanne van twee opgedeel en op spesifieke bane geplaas.

Elke tennisbaan het verskillende reëls gehad wat die spelers moes nakom.

Die spelers het vir die pret gespeel en na afloop van die wedstryde was daar geen amptelike wenners aangekondig nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button