Local newsNews

Springs te goed vir NWU-Vaal

Na 'n klipharde wedstryd klop Springs vir NWU-Vaal.

Springs Rugbyklub het Saterdag teen NWU-Vaal in die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga te staan gekom.
Springs se eerstes het die wedstryd 35-33 gewen.

Dit was ‘n klipharde wedstryd waar beide spanne nie ‘n duim wou gee nie en moes veg vir elke punt.

Springs het vyf drieë gedruk en twee strafdoele in punte omgesit vir hulle 35 punte.

Drieë is deur Junaide Seedat (2), Pieter Grobler (2) en C-Jay Strauss (1) gedruk. Doelskoppe: André Smith (2) asook strafdoele (2).

Springs se speler van die wedstryd was Pieter Grobler. Springs se volgende wedstryde is op 27 Julie teen Vereeniging op die Olimpia Park sportgronde.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button