Local newsNewsSport

Vereeniging te sterk vir Springs

Springs Rugbyklub het op 27 Julie teen Vereeniging in die Valke Peregrine Liga kragmeting te staan gekom.

Springs Rugbyklub het op 27 Julie teen Vereeniging in die Valke Peregrine Liga kragmeting te staan gekom.

Die wedstryde was op die Olimpia Park sportgronde beslis.

Springs se spelers was oorgehaal om te wen nadat hulle in die eerste ronde van die liga teen Vereeniging verloor het, maar die geluk was weer aan Vereeniging se kant.

Vereeniging se eerste span het Springs met 41-24 geklop. Dit was ‘n klipharde wedstryd waar beide spanne nie skiet wou gee nie en moes veg vir elke punt.

Met halftyd het Vereeniging 27-5 voorgeloop. Daar was ook twee geelkaarte uitgedeel. Een aan elke span.


Springs en Vereeniging se eerstes in die lynstaan.

Springs het vier drieë gedruk en twee verdoel vir hulle 24 punte.

Drieë: Edrich Aucamp (1), Cjay Straus (1), Francois Prinsloo (1) en Michael Mulomba (1). Doelskoppe: André Smith (2).

Die speler van die wedstryd was Michael Mulomba.

Vereeniging se tweede span het die wedstryd naelskraap met 14-15 verloor. Springs se o21-span het op hul beurt met 24-21 verloor.

Springs se volgende wedstryd is op 3 Augustus teen Boksburg op Prince George Park in Boksburg.




ALSO READ: Springs’ own cricket wonder needs your help

ALSO READ: Understand the secret epidemic that is hepatitis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button