Local newsNews

Hugies toneelspelers het gehoor gaande

Die Hoërskool Hugenote se toneelspan het vanjaar se top tonele tydens 'n toneelaand ten toon gestel.

Die Hoërskool Hugenote se toneelspan het op 31 Julie vanjaar se top tonele tydens ‘n toneelaand by die skool ten toon gestel.

Die span, bestaande uit 15 leerders, word afgerig deur Kobus en Wayne van der Schyff-Smal, wat ook al vier die toneelstukke wat opgevoer is, geskryf het.

Die toneelstukke is:
Woorde in die water wat ‘n eenman toneelstuk is wat deur Marioné Muller gespeel word. Die toneelstuk het na die ATKV-DigiToneel kompetisie se finaal deur gedring en sal Oktober op die kassie verskyn.

Gillian vs die donker is ‘n drama wat handel oor twee dogters wat hul ma van breinkanker probeer red. Die hoofrolle word deur Marioné Muller en Minanté Pieterse gespeel.

Wat wolke weeg is ook ‘n drama waar die akteurs die gehoor vinnig in trane gehad het. Rumspringa was die enigste komedie wat by die toneelaand ten toon gestel was.


LEES OOK: Selpark school’s donation sparks hope at Leratong


Dit het gesorg vir baie lag onder die gehoorlede. Dit was egter nie die eerste keer wat dié tonele ten toon gestel is nie.

Hulle het reeds ‘n hele rits toekennings en benoemings deur die jaar ontvang.

Bo en behalwe die rits benoemings wat die leerders tydens vanjaar se FAK Toneelfees week een ontvang het, het Rumspringa teen 30 ander produksies, gewen.

Wat wolke weeg het ook met die wentitel by vanjaar se FAK Allegretto Toneelfees week twee weggestap.

Die toneelgroep bestaan uit: Henlo Meyer, Minanté Pieterse, Marioné Muller, Angelique Vorster, Durand Smith, Jani Grobler, Chermelé Wolmarans, Dwight Wolmarans, Dylan Karsten, Charmoné Karsten, Chezaan van Niekerk, Ulrich Slabbert, Darylin Scott, Keara Collett en Taylor Pretorius.



LEES OOK: Enderun College gives back for its winter warm up iniative

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button