Local newsNews

Sang kompetisie goed op dreef

The Batlle of the voices se finaal sal 8 September plaasvind.

Die jaarlikse sang kompetisie, The Battle of the Voices is reeds goed aan die gang. Dit is Springs se derde Battel of the Voices kompetisie en ’n tekort aan talent is daar tot dusvêr glad nie.

Vanjaar se kompetisie het op 21 Julie afgeskop en sal oor ‘n tydperk van ses weke plaasvind waar die deelnemers teen mekaar meeding vir die wen titel.

Dit word elke Sondag om 12:00 by The Deck in Selection Park gehou.

Vanjaar se beoordelaars is Sakkie Botha, wat 2021 se wenner was en Madeleine Pretorius wat dieselfde jaar se naaswenner was.

Daar is tans nog 16 deelnemers in die wedloop om die prysgeld van R15 000 te wen. Die semi-finaal vind op 1 September plaas en die groot finaal sal op 8 September plaasvind.

Die gemeenskap word uitgenooi om elke Sondag vanjaar se deelnemers te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button