Local newsNews
Hugie kampioen is in die kol
Zhaar gaan binnekort aan die nasionale kompetisie in Kimberley deelneem.
Die Hoërskool Hugenote se Zhaar Taljaard het onlangs aan die provinsiale boogskiet kompetisie te Pretoria deelgeneem en skoonskip gemaak.
Dié Hugie teiken-kampioen het eerste plekke in die volgende afdelings behaal:
Hoërskool seuns afdeling, hoërskool (algeheel) en algehele wenner uit alle deelnemers.
Hy is ook gekies vir die A-span wat September aan die Nasionale Kompetisie in Kimberley gaan deelneem.
LEES OOK: Veterans tour restored memorial sites in Springs
LEES OOK: Routes to be affected by Presidential Imbizo
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



