Die Graad Agt atleet, Amoré Steyn het onlangs die Hoërskool Hugenote se naam hoog gehou by die Betmed Egoli Johannesburgse atletiekbyeenkoms. Sy het met gewigstoot 'n afstand van 12.87m gestoot en tweede plek behaal. Later het sy nie net aan diskus deelgeneem nie, maar ook 'n rekord verbeter. Sy het 'n afstand van 36.39m gegooi en die bestaande rekord van 30.85m vêr verbygevat.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!