Snibbe gesin mik in die kol
Hierdie gesin is nog lank nie gereed om op te hou skiet nie en beplan om nog vele titels te verower.
Die Snibbe gesin van Petersfield beoefen saam ‘n interessante sportsoort wat fyn korrel en soveel kolskote as moontlik verg.
Ander gesinne speel dalk bordspeletjies of geniet ‘n fliekaand vir ontspanning en kwaliteit tyd, maar hiérdie gesin vind die trek van ‘n luggeweer se sneller ontspannend.
Dit is hulle manier om van die lewe se gejaag te ontsnap. Hein Snibbe (43) jag al kindsdae af en het in sy jonger dae selfs kompeterend aan jag kompetisies deelgeneem.
Soos hy ouer geword het, word wou hy sy liefde vir skiet met sy gesin deel maar omdat jaggewere op daardie stadium te groot en swaar vir sy kinders was, was luggewere die alternatiewe opsie.

Dit het nie veel oortuiging geneem nie voordat sy vrou Kelly (41) en twee seuns Michael (15) Brendon (13) ook met luggewere begin skiet en meeding het.
Die gesin het verlede jaar die East Rand Air Rifle Klub gestig en geniet dit om hul liefde vir skiet met die gemeenskap te deel.
Omdat dit nie net een of twee is wat presteer nie maar sommer al vier, loop die Snibbe gesin se trofeekas oor van die goud en silwerware.
Die 13-jarie Brendon neem in die o18 kategorie deel en het vanjaar by die SA Nasionale Kampioenskap ‘n negende plek behaal en by die Gauteng-Ope ‘n vierde plek verower.
LEES OOK: WATCH: Bhairavi Sungum revives 28th Sarasvathee celebration with culture and unity
Brendon sê die skiet vir hom uitdagend maar tog lekker omdat dit ‘n dag is wat hy saam met familie en vriende kan deurbring.
Sy boetie Michael, het vanjaar net so goed gevaar. Hierdie 15-jarige skut se talent het hom ook sy plek in die o18 kategorie verseker.
Hier neem hy nie net deel nie maar het sommer skoonskip gemaak by die Gauteng-Ope. Hy het ook aan die SA Nasionale Kampioenskap deelgeneem en derde geëindig.
Volgens hom is daar min dinge in die lewe wat jou die gevoel kan gee soos wat ‘n teiken doen as dit val.
Kelly laat egter nie toe dat haar seuns haar ore aan sit nie.

By vanjaar se SA Nasionale Kampioenskap het sy algeheel eerste geëindig in die dames kategorie en ook ‘n tweede plek by vanjaar se Wêreldkampioenskappe verower.
“Ek geniet die toewyding en dissipline wat dit verg om op die hoogste vlak te kompeteer,” vertel Kelly trots.
Hein het vanjaar self nie te sleg gevaar nie en by die SAs ‘n sewende plek behaal en by die Gauteng Ope met ‘n eerste prys huis toe gestap.
Elkeen van hulle beskik ook oor hul eie luggeweer waarmee hulle skiet. Die Air Arms S400 is hulle gunsteling omdat dit glo goeie waarde vir geld is en baie akkuraat skiet.
Hierdie gesin is nog lank nie gereed om op te hou skiet nie en beplan om nog vele titels te verower.




