Local newsNews
San Michele inwoners ontvang spesiale besoekers
Braaf die Boerboel se danspassies het groot byval gevind.
San Michele tehuis vir intellektueel- en fisiese-gestremde volwassenes het Vrydag ‘n besoek van Solidariteit Helpende Hand se Oos-Rand streek ontvang.
Gedurende die besoek is al die inwoners as ere ondersteuners van die Brakpan-tak erken, met sertifikate om die geleentheid te seël, voor hulle ‘n vertoning van die organisasie se gelukbringers geniet het, sowel as kolwyntjies en koeldrank.
Die inwoners het ook die dans van Braaf die Boerboel geleer, en hul sertifikate met trots ontvang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






