Local newsNews

Hugenote matrieks van 1964 hou reünie

Die 1964-matriekgroep van die Hoër Hugenote Seunsskool het onlangs hul 60 jaar reünie gehou.

Om ‘n skool reünie te hou is nie ongewoon nie, maar om jou 60-jaar reünie te vier is nie vir almal beskore nie.
Tog was daar ‘n dinamiese groep mans wat dit onlangs behoorlik gedoen het.

Die destydse Hoër Hugenote Seunsskool se 1964-matrieks het op 19 Oktober by die skool se lapa bymekaar gekom om ‘n glasie op die goeie ou dae te klink.

Dit was egter nie die eerste keer wat dié besondere groep bymekaar gekom het nie. Hulle het in 1984 reeds hulle 20 jaar reünie gevier waarna nog ‘n paar reünies deur die jare gevolg het.

Van die 33 matrieks is was daar net 14 wat die reünie kon bywoon. Vyftien van hierdie oud-matrikulante is reeds oorlede.


Gert Parsons, Frans Styger (huidige skoolhoof) en Danie Cronje (hoofseun van 1964).

‘n Oud-leerder van die 1964 groep, Gert Parsons (78) het die voortou geneem met die reëlings en verseker dat die dag een sal wees om te onthou.

Die groep het saam met die huidige skoolhoof van die Hoërskool Hugenote, Frans Styger, ‘n Wit Karee boom geplant.

Hierdie boom is nie net 2024 se boom van die jaar nie, maar in hierdie geval simboliseer dit die bymekaarkoms van die groep.

“Ons wou graag hierdie boom plant ter viering van ons 60 jaar reünie en dan ook om Styger te bedank en eer aan hom te gee,” het Gert gesê.


Skoolhoof Frans Styger het hand bygesit met die plant van die Wit Karee boom.

Die groep nog altyd ‘n hegte band gehad en behou steeds deur die jare kontak met mekaar. Sommige van hulle het van vêr gekom om die geleentheid by te woon.

“Die gesindheid van hierdie mense wat van reg oor die land gekom het, is ongelooflik,” het Gert vertel.

Die manne het ‘n hond uit ‘n bos uit gekuier en dit geniet om op te vang en staaltjies van die verlede uit te ruil.

Gert en die oud-hoofseun, Danie Cronje het saamgestem dat hulle egter nie nog 10 jaar gaan wag voordat die groep weer bymekaar gaan kom nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button