Triomf in die kryt vir bokser
Die bokskampioen, Gerhard Thysse is onlangs aangewys as vanjaar se Unrivalled toenooi wenne in die lig-swaargewig afdeling.
Die lig-swaargewig bokskampioen, Gerhard Thysse van Casseldale het onlangs groot opslae gemaak toe hy ‘n internasionale bokstoernooi gewen het.
Hierdie 30-jarige bokser het op 23 November sy opponent, Khongolo Tshimanga in die kryt ontmoet tydens die Unrivalled toenooi, wat by The Box Camp in Johannesburg plaasgevind het.
Gerhard moes egter behoorlik uithaal en wys om Khongolo oor die ses ronde geveg met punte beslissing te klop.
Die geluk was aan Gerhard se kant en hy het al ses rondtes gewen.
“My opponent was sterk en het dit beslis nie vir my maklik gemaak nie. Hoewel dit my eerste ses rondte geveg was, was ek goed voorbereid.
“Ek is baie trots op myself. Hoewel ek die laaste twee jaar geoefen het, het ek nie kompeterend geboks nie as gevolg van beserings, maar ek het terug gekom en sommer ‘n ses rondte geveg aangevat en gewen,” sê Gerhard trots.
Hy was egter goed voorbereid vir die geveg omdat hy sy voorbereiding ernstig opgeneem het en daar nie tyd was vir ledig sit nie. Na aanloop van die geveg het hy twee keer per dag vir ses dae ‘n week geoefen met ‘n gekombineerde program wat beide hardloop en kondisionering in sluit.
Hoewel hy deel van die Trinity Boxing Strength and Conditioning klub in Edenvale is, het hy tydens sy voorbereiding ook by BAD Boxing gimnasium in Nigel geoefen waar hy bystand ontvang het.
Gerhard het in ‘n huis groot geword waar sy broers geboks het met sy pa as hul afrigter, dit was net ‘n kwessie van tyd voordat hy in hul voetspore gevolg het. Vir hom is boks is nie net sy passie nie maar dit gee ook vir hom innerlike bevrediging.
“Ek hou daarvan om aktief te wees en dit is lekker om myself tot my limiete te druk en so ook resultate te sien.”
Met die jaar wat vinnig einde se kant toe stap is Gerhard reeds besig met voorbereiding vir volgende jaar en beoog om minstens vier gevegte aan te pak.
LEES OOK: Springs Photography Club November winners
LEES OOK: Local MMA fighter secures gold at 2024 IMMAF World Championships