Local newsNews
Help om haweloses se Kersfees spesiaal te maak
Help om 'n heerlike kersete aan hawelose mense te voorsien.
Hoewel Kersfees ‘n tyd vir familie-saamwees en Kersmaaltye is, is daar daagliks toenemend nood onder hawelose en arm mense in Springs.
Die KD4U Fitness sentrum van Strubenvale beoog om behoeftige mense in die dorp op Kersdag te bederf.
Die eienaar van die sentrum, Kristel Olivier beplan om tuisgemaakte etes voor te berei en op Kersdag by Strubenvale Apteek uit te deel.
Enigeen wat tot die inisiatief wil bydra of help met die voorbereiding van die kos, kan vir Kristel by 079 882 5910 kontak.
LEES OOK: Delighted winner walks away with an air fryer
LEES OOK: Minister Nkabane launches R657m disability fund
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



