Local newsNews

‘n Smullekker melktertresep vir die feestyd

Hierdie resep sal beslis jou gesin beïndruk...

Is jy gekies om vanjaar ‘n nagereg te neem na ‘n samekoms? In plaas van die gewone ‘trifle’ wat niemand eintlik wil eet nie, probeer eerder hierdie heerlike melktert resep wat almal stom sal slaan en jou skoonma wys hoe dit gedoen word.

Jy het die volgende bestandele nodig:

Kors:
• 125g botter
• 2 eetlepels olie
• 2 eetlepels suiker

Roer saam tot roomerig en voeg een eier by

Sif saam:
• 2 koppies meel
• 2 teelepels bakpoeier
• ‘n Knippie sout
Meng alles goed deur, rol die deeg uit (dit is genoeg vir twee terte)

Vulsel:
• 6 koppies melk
• 1 1/2 koppie meel
• 1 koppie suiker
• 4 eiers
• 115g botter
• Vanilla

Kook 4 koppies melk en botter. Meng suiker, meel en 2 koppies melk tot roomerig. Roer in kookmelk in en aanhoudend tot dik.

Haal van die stoof af. Voeg goed geklitste eiers en vanilla by. Bak teen 200C tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker bo-oor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Themba Vukeya

Experienced journalist and news editor skilled in creating compelling digital content. Expertise includes breaking news, feature writing, and engaging storytelling across diverse stories.

Related Articles

Back to top button