Local newsNews

Geduld gesin dakloos na huis brand

"Al wat ek kan sê is dankie Here dat ons almal leef."

‘n Gesin van Geduld het onlangs al hulle besittings verloor toe hul huis deur vlamme in puin gelê is. Na wat verneem word was ‘n kortsluiting glo die oorsaak van die brand wat op 30 Desember in die gesin se kombuis ontstaan het.

Volgens Mona Wessels (57) het sy laat middag op die bed gaan lê nadat sy olik begin gevoel het. Nie lank daarna nie, het sy ‘n harde slag gehoor.

“Ek het dadelik opgespring om te kyk wat aangaan en toe ek in die kombuis se rigting loer, het ek net ‘n groot swart wolk gesien,” vertel sy.

Mona het vir haar lewensmaat, Christo de Beer (57) geskree dat die huis aan die brand is en dat hulle daar uit moet kom.


Christo de Beer en sy lewensmaat, Mona Wessels.

“Ek het rond gehardloop om te kyk of my kleinseun nie dalk nog in die huis was nie en om al die honde uit te probeer kry. Die kombuis was reeds vol vlamme en ek kon nie terug in gaan om my voëls te red nie.”

Na bewering was een van hulle African Grey’s se laaste woorde dat dit warm is. In die brand het die gesin 14 voëls en een van hulle honde, Sokkies, verloor.

Terwyl die gesin geskarrel het om uit die huis te kom het die plafon reeds ingeval en binne etlike minute was die res van die huis ook in ligte laaie.

Die Springs Brandweerdiens en talle privaat instansies was gou op die toneel en kon daarin slaag om die brand te blus.
Hierdie woning was vir 15 jaar huis vir Christo, Mona, haar twee seuns, skoondogter en kleinseun.

Volgens Christo het hulle baie herineringe in daardie huis gemaak en hy het oor die jare ook baie sentimentele waarde aan verskeie versamelings geheg. Christo het ook sedertdien nog nie die moed gehad om in die huis te gaan nie.


LEES OOK: Presidentia inwoners kan weer rustig slaap na hek herstel is 


“Terwyl jy staan en kyk hoe jou huis geblus word gaan daar soveel dinge deur mens se gedagtes maar al wat ek kan sê is dankie Here dat ons leef.

“Die huis en sy inhoud was aardse besittings en ons gaan dalk nie weer alles terug kry wat ons gehad het nie maar ons lewens is baie meer werd as enige iets wat in die brand verniettig is,” sê Mona terwyl sy probeer positief bly en voeg by dat hoewel hulle baie vrae het oor hoekom dit met hulle moes gebeur, weet sy dat die Here ‘n groter plan het en hulle nie alleen sal los nie.

Hierdie gesin se huis en inhoud was nie verseker nie en sedertdien het die gemeenskap saam gestaan en verskeie items soos klere en komberse vir hulle ingesamel.

“Die gemeenskap was tot dusvêr ongelooflik goed vir ons en ons waardeer elke skenking wat aan ons gemaak is; groot en klein.”


LEES OOK: WATCH: Pensioner restores cemetery to honour loved ones


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button