Local newsLocal sportNews

Jong fietsryer bo aan punteleer

Die res van die Ford Trailseekers wedrenne sal binne die volgende paar maande plaasvind.

Lian Style, ‘n jong fietsryer van Welgedacht is vinnig besig om vir homself naam in dié sportgebied te maak. Dié 10-jarige fietsryer lê tans boaan die punteleer met vanjaar se gewilde Ford Trailseekers reeks.

Die Ford Trialseekers reeks wat bekend staan as Suid-Afrika se grootste en mees gesogte bergfietsreeks, bestaan uit ses wedrenne wat oor ‘n tydperk van nege maande regoor Suid-Afrika plaasvind.

Die eerste wedren (20km) het in Januarie in die Wes-Kaap plaasgevind waar Lian 18de uit 116 deelnemers en tweede in sy ouderdomsgroep geëindig het.

Die tweede wedren (20km) het op 1 Maart in Muldersdrift plaasgevind en hier het hy 35ste uit 594 deelnemers en sewende in sy ouderdomsgroep geëindig. Die volgende vier wedrenne sal in Junie, Julie en September plaasvind.

“Ek is baie verbaas om sovêr die voorloper van die reeks te wees,” sê Lian en voeg by dat hy beoog om dit so te hou.

Hy is ‘n Graad Vyf leerder aan die Laerskool Selectionpark en oefen tans drie maal per week om top fiksheid tydens sy wedrenne te verseker. Hoewel Lian ook ‘n kranige rugbyspeler en landloper is, verkies hy bergfietsry enige dag bo ander sportsoorte.

“Ek hou van fietsry want dit is buite in die natuur. Elke baan wat ek ry is anders en dit is vir my lekker om te spring en die bulte uit te ry,” sê Lian.

Hy het op drie-jarige ouderdom reeds begin fiets ry saam sy pa, Brain wat ook ‘n kranige berg fietsryer is. Lian het nie twee keer daaroor gedink om in sy pa se voetspore te volg nie.

“Ons is ongelooflik trots op hom en ons het ook nie gedink hy sal nou al so goed presteer nie, juis omdat die sport in Springs nie soveel aftrek geniet soos in die ander stede nie,” het Brain vertel.

Dit is egter nie die eerste keer wat Lian boaan die ranglys lê nie. Hy het verlede jaar in November ook die Nipper (9 tot 10 jaar) kategorie in die gewilde 94.7 bergfiets afdeling gewen. Lian beskou bergfiets baie meer opwindend as padfiets en droom daarvan om sy land eendag trots by die Olimpiese Speler te verteenwoordig.


Lian Style in aksie tydens vanjaar se eerste Trialseeker Series wedren.


ALSO READ: Strubenvale Primary School hosts successful fun day

ALSO READ: Murphy steps down after years of guiding leadership

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button