Hoërskool Hugenote se Tienertoneelstuk beïndruk weer by Oppiwater Kunstefees
Die toneelstuk, Wat Wolke Weeg is ook vanjaar vir 'n Naledi Teater Toekenning genomineer.
Die Hoërskool Hugenote se toneelgroep vaar beter as ooit en het vanjaar weer die geleentheid gekry om by die gewilde Oppiwater Kunstefees op te tree.
Die groep het vanaf 22 tot 27 Maart van Kaapstad na Walvisbaai gevaar op die MSC Musica passasierskip wat in samewerking is met Lefra-produksies.
Hier het hulle die geleentheid gehad weer om deel van die skip se feesprogram te wees. Die toneelstuk Wat Wolke Weeg, is alombekend as die hulle tranetrekker produksie en handel oor wat met die mensdom sou gebeur nadat die 3de Wêreld oorlog verby is.
Die aarde is vernietig en is besig om te vergaan, en almal moet noodgedwonge Mars toe trek, maar daar is nie genoeg plek vir almal nie en dit veroorsaak hartseer vir die wat geliefdes moet agterbly.
LEES OOK: Everyday habits that could be damaging your car
Die toneelstuk het ook verlede jaar die FAK Allegretto Toneelfees gewen en volgens die regisseurs Kobus en Wayne van der Schyff-Smal, is die stuk juis so suksesvol omdat dit elke deel van die samelewing aanraak.
“Die gehoor was in trane en die terugvoer was absoluut wonderlik,” het Kobus gesê en bygevoeg dat hulle trots is om Hoërskool Hugenote se naam hoog te hou.
Wat Wolke Weeg is ook vanjaar vir ‘n Naledi Teater Toekenning genomineer. Dit is ‘n jaarlikse toekenningsgeleentheid wat uitnemendheid in die uitvoerende kunste erken en beloon, spesifiek in die Gautengse teatertoneel.
“Dit is die eerste tiener toneel wat ooit vir die toekenning genomineer is en dit maak ons trots om vir so ‘n groot eer in aanmerking kom. Die leerdersis in die sewende hemel en kan nie wag om in hulle mooiste klere die gala-aand by te woon nie.”
LEES OOK: Tax tips for a good return: expert advice from a financial adviser




