Local newsNews

Nuwe beskermheer aangestel vir Eenheid Vlakvark

Inwoners van Springs wat meer oor die eenheid te hore wil kom kan vir Karel Groesbeek by 076 027 4359 kontak.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Vlakvark het onlangs vergader, waartydens een van die eenheid se lede as die nuwe beskermheer bekend gestel is.

Kapelaan Sakkie van Zyl het die verrigtinge op die gepaslike manier afgeskop met skriflesing en gebed. Die eenheid se voorsitter, Karel Groesbeek het almal hartlik verwelkom.

“Ons as ‘n eenheid is besig om mooi te groei en die ledetal is besig om nuwe hoogtes te bereik. Ons is hier om mekaar te ondersteun” het Groesbeek gesê.

Nadat die formele verrigtinge afgehandel is, is die benoemings vir die nuwe beskermheer op tafel gelê. Na die benoeming is Willie Pretorius (90) as die nuwe beskermheer van Eenheid Vlakvark bekend gestel.


LEES OOK: Springs Photography Club honours March winners


Pretorius het ook lewenslange lidmaatskap van die eenheid gekry. Pretorius het in 1959 by die SA Vloot aangesluit.

Hy het ook 17 jaar in die kommando’s gedien as stafsersant en is deel van Eenheid Vlakvark sedert die totstandkoming daarvan sowat drie jaar gelede.

“Dit is ‘n voorreg om die beskemheer te wees en ek bedank almal,” het Pretorius gesê.

Die eenheid is steeds besig met verskeie projekte waar hulle behoeftiges in die gemeenskap met onder meer kospakkies, rolstoele en bystand help. Op 1 Junie sal Eenheid Vlakvark ook by die Voortrekker Monument teenwoordig wees vir die jaarlikse kranslegging.


LEES OOK: San Michele Home celebrates 80 years of compassion


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button