Local newsLocal sportNews

Plaaslike aflosatleet kroon harde werk met goud in Potchefstroom

Dean Muller was deel van die senior aflos span wat vanjaar goud verower het.

Dean Muller, ‘n 19-jarige atleet van Petersfield Uitbreiding, het onlangs in aflos aan die Atletiek Suid-Afrika Nasionale Kampioenskappe deelgeneem.

Die kampioenskappe het vanaf 24 tot 26 April by die NWU McArthur Stadium in Potchefstroom plaasgevind. Dean het aan die 400 senior gemengde aflos item deelgeneem.

Dié atleet en sy drie spanmaats het seker gemaak dat hul harde werk vugte afwerp toe hulle ‘n eerste plek behaal het in die finaal van die 400 aflos met ‘n tyd van 3:33.


Dean Muller spog trots met sy goue medalje.

Dean en sy atletiekafrigter, Shaun Bowens, het reeds in Augustus 2024 begin met voorbereiding vir vanjaar se senior kampioenskappe.

Dean, wat atletiek as sy passie beskryf sê hulle span is ‘n goeie kombinasie.

“Die oomblik wat ons oor die wenstreep gegaan het, is ‘n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. Dit is ‘n 10 jaar lange droom om ‘n senior nasionale kampioen te wees wat uiteindelik bewaarheid is,” vertel Dean trots.



ALSO READ: Scouts enjoy day at Springs Mining and Military Museum

ALSO READ: Ekurhuleni encourages public to use suggestion boxes at health facilities

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button