Local newsNews

Springs VLU lede word touwys gemaak oor skildertegnieke met koffie

Die lede is geleer oor verskillende tegnieke deur 'n voormalige grafiese ontwerper en huidige kunstenaar.

Die lede van die Carpe Diem-tak van die VLU in Springs het op 14 Mei bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering by die AGS Kerk Fonteinedal.

Gedurende die vergadering het die lede hul koffie-skildertegnieke opgeskerp, aangesien ‘n koffieskildery een van die artikels is vir die jaar se kongres.

Die kongres is ‘n streeksgeleentheid waar VLU-lede hul kunsvlyt en kuns inskryf vir beoordeling. Die demonstrasie is deur kunstenaar en voormalige grafiese ontwerper, Helena Roux, aangebied.

Verskillende tegnieke en teksture is verken om die skilderye diepte te gee. Die kongres vind vanjaar in Augustus plaas, waartydens die kunstenaar Ruhan du Toit gaan optree.

Dié byeenkoms is gewoonlik ‘n spoggerige geleentheid, en die openingsaand het ‘n tema waarvolgens die vroue wat dit bywoon, moet aantrek.


Helena Roux was byderhand om al die lede te help met hul skilderwerk.

Tydens die vergadering het Sankie Jordaan, die waarnemende takvoorsitter, die lede ook meer vertel van die boom van die jaar: die witmelkhoutboom. Dié boom is inheems, immergroen en kultureel baie belangrik.

Die boom van die jaar is een van verskeie onderwerpe, soos skrywer van die jaar en boek van die jaar, wat voorgeskryf word aan die VLU-lede om meer te leer en hul kennis op te skerp.

Skoolgaande kinders kan nou deel word van hul plaaslike VLU-tak teen ‘n jaarlikse lidfooi van R220. Volwassenes se jaarfooi is R400 en gaste mag slegs drie vergaderings bywoon voordat hulle moet aanteken vir lidmaatskap.

Die tak ontmoet elke tweede Woensdag van die maand by die AGS Fonteinedal-kerksaal om hul kuns- en kunsvlytartikels te laat beoordeel, te gesels en lekker te eet.




LEES OOK: SASSA warns public against false information on grant payments

LEES OOK: Meet the committee: a look into the faces behind the Springs Mining and Military Museum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button