Springs Rugbyklub wys krag teen Nigel in Peregrine Liga wedstryd
Springs het sy Ryperd opgesaal vir die seisoen.
Springs Rugbyklub het op 24 Mei teen die nuwelinge, Nigel, in die Valke Peregrine Liga te staan gekom, waar die Ou Ryperd met 43-27 as oorwinnaars van die veld gestap het.
Springs het vroeg in die wedstryd die eerste punte op die telbord geplaas deur ‘n drie te druk, wat suksesvol verdoel was. Nigel se eerste punte was ‘n strafdoel.
Springs het in die eerste helfde nog twee drieë gedruk en met een doelskop gelaag, terwyl Nigel een drie gedruk het en suksesvol was met die doelskop asook twee strafdoele.

Springs was met rustyd met 19-13 voor gewees. In die tweede helfde het Springs ‘n verdere vier drieë gedruk en drie doelskopppe. Nigel het twee drieë en een doelskop bygedra.
Die speler van die wedstryd was Springs heelagter Junaide Seedat. Springs tweedes het hul wedstyd met 31-15 gewen.
Hulle het altesaam sewe drieë gedruk, met Springs wat vyf gedruk het en drie suksesvolle doelskoppe gekry het. Springs speel hul volgende wedstryd op 31 Mei teen Vereeniging.









